Erfdeel: Koos du Plessis – Versamelde Werke , livre ebook

icon

278

pages

icon

Français

icon

Ebooks

2023

Écrit par

Publié par

Lire un extrait
Lire un extrait

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne En savoir plus

Découvre YouScribe et accède à tout notre catalogue !

Je m'inscris

Découvre YouScribe et accède à tout notre catalogue !

Je m'inscris
icon

278

pages

icon

Français

icon

Ebooks

2023

Lire un extrait
Lire un extrait

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne En savoir plus

Met bedrieglik eenvoudige lirieke en gevoelvolle melodieë het Koos du Plessis musiek in Afrikaans geskep wat tot gewone mense spreek, maar wat oor universele temas handel: verlies, vervreemding, afsondering, ontroering, ontheemding en verganklikheid. Sy musiek word dan ook dikwels vergelyk met dié van onder meer Leonard Cohen en Bob Dylan.Koos du Plessis is reeds veertig jaar oorlede, maar sy invloed binne die Afrikaanse kulturele milieu kring steeds wyer uit. Liedjies soos “Sprokie vir ’n stadskind” en “Kinders van die wind” het onuitwisbaar deel geword van die Afrikaanse kultuurskat; sy liedjies word gesing op enige plek waar daar Afrikaans gehoor word; en meer as ’n honderdtal kunstenaars wat musiek maak oor ’n breë spektrum – van Theuns Jordaan tot Johannes Kerkorrel en Battery 9 tot Refentse Morake – het al ’n Koos Doep-liedjie opgeneem of vertolk.Koos kan egter moeilik getipeer word slegs as Afrikaanse liriekskrywer: benewens ’n sestigtal oorspronklike liedjies, het daar ook postuum twee versbundels onder sy naam verskyn. Daar is steeds ’n aanvraag na Koos se eie vertolkings van sy liedjies, wat daarop dui dat hy ook vir homself ’n staanplek as uitvoerende kunstenaar afgebaken het. Dan het sy inkennigheid, ongemaklike verhouding met die pers en vroeë dood hom natuurlik ook ’n besonder enigmatiese figuur binne die Afrikaanse kultuurwêreld gemaak.Dis egter moeilik om meer oor Koos en sy werk te wete te kom. Tot die groot frustrasie van joernaliste, was hy publisiteitsku en het hy selde onderhoude toegestaan. Daar is ook nie ’n opgaaf van sy kreatiewe werk en sy veeltal lirieke beskikbaar nie. ’n Koos du Plessis-liriekbundel met die lirieke en melodielyne van die liedjies op sy eerste twee albums is al ’n geruime tyd nie meer beskikbaar nie, en baie van Koos se latere lirieke is aan ’n groot deel van sy aanhangers onbekend. Met Erfdeel word hierdie leemte gevul. Die boek bring Koos se kreatiewe werk vir die eerste maal byeen, en vul dit aan met ’n oorsig van sy musiekloopbaan en leefwêreld, asook gedagtes oor die invloed van sy nalatenskap.Al Koos se lirieke – wat ook as verse gelees kan word – is ingesluit, asook enkele toonsettings van Koos se verse deur ander kunstenaars. Vir liedjieskrywers, musiekmakers en musiekliefhebbers se onthalwe word kitaarakkoorde by elk van die lirieke geplaas. Die verse uit Koos se twee bundels – Om jou verlaas te groet (Human & Rousseau, 1985) en Skink nog ’n uur in my glas (Queillerie, 1995) – is heropgeneem saam met ’n vyftiental ongepubliseerde verse. Erfdeel bevat ook biografiese notas oor Koos se lewe, foto’s, en besonderhede oor die ontstaansgeskiedenis van sommige van sy bekendste liedjies.
Voir icon arrow

Publié par

Date de parution

15 décembre 2023

EAN13

9781776482856

Langue

Français

Poids de l'ouvrage

12 Mo

Alternate Text