Nicole en Appelliefie , livre ebook

icon

41

pages

icon

English

icon

Ebooks

2020

icon jeton

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Lire un extrait
Lire un extrait

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne En savoir plus

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
icon

41

pages

icon

English

icon

Ebook

2020

icon jeton

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Lire un extrait
Lire un extrait

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne En savoir plus

Nicole en Pappa trek in ’n nuwe huis in Kaapstad in ná die dood van haar ma. Die nuwe huis voel vreemd en leeg, en Nicole mis vir Mamma vreeslik.

Wanneer Nicole verjaar, neem Pappa haar na die middestad om roomys te eet en vir haar nuwe skoene te koop. Hier ontdek hulle ’n beseerde gansie wat hulle saamneem huis toe.

Hulle bure help om die gansie gesond te kry en sommer gou voel die nuwe huis en straat soos ‘n ware tuiste.


Voir Alternate Text

Date de parution

01 juillet 2020

Nombre de lectures

0

EAN13

9781776250219

Langue

English

Poids de l'ouvrage

3 Mo

Pan Macmillan Kinderboeke
www.panmacmillan.co.za


Hoofstuk 1
Die nuwe huis
Nicole staan op ’n stoel in die kombuis. Sy kyk hoe Pappa ’n spyker in die muur kap.
Toe Pappa klaar is, hang sy ’n kalender aan die spyker op.

Dan haal sy ’n potlood uit haar sak. Sy trek versigtig ’n kringetjie om môre se datum. Dit is haar verjaarsdag.
Nicole klim van die stoel af en kyk om haar rond. Hulle bly nou al ’n week in hulle nuwe huis. Maar alles voel nog so vreemd. Van die blou voordeur tot die vloer se planke wat kraak as jy daarop loop.
“Nog net een slapie!” sê Pappa. “Is jy al opgewonde?”
“Ek wens ons het nog in ons ou huis gebly,” sê Nicole. “Dan het ek môre partytjie gehou en al my maats genooi.”
Toe hulle nog in hulle ou huis gebly het, het Mamma altyd vir Nicole ’n verjaarsdagkoek gebak.
Nicole kan nog elke koek onthou. Van die koek wat soos ’n meermin gelyk het tot die koek met die seerower op.

Almal het gelag omdat ’n meisie ’n seerowerkoek wou hê. Almal behalwe Mamma.
Sy het mooi geluister hoe Nicole verduidelik het en toe die mooiste pienk-en-pers seerowerkoek gebak.
Maar dit was voordat Mamma siek geword het en hospitaal toe moes gaan.
Mamma het nooit weer teruggekom van die hospitaal af nie. Die dokters kon haar nie gesond maak nie.
Soms mis Nicole vir Mamma so baie dat haar hele lyf pyn.

Sy weet Pappa mis ook vir Mamma. Dis hoekom hy nou deur die venster kyk. Hy soek na Mamma se gesig tussen die sterre.
Nicole is nie vanaand lus vir die sterre of enigiets anders nie. Sy wil hê Pappa moet sê dat alles môre piekfyn sal wees.

Maar Pappa sê niks. Hy kruip net agter Nicole se rug in. Sy weet hy sal daar bly lê totdat sy vas aan die slaap is.
Nicole sug en maak haar oë toe. Hoe gouer sy aan die slaap raak, hoe gouer sal dit haar verjaarsdag wees.

Voir Alternate Text
  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents
Alternate Text