63
pages
English
Ebooks
2021
Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne En savoir plus
Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement
Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement
63
pages
English
Ebooks
2021
Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne En savoir plus
Publié par
Date de parution
15 février 2021
Nombre de lectures
1
EAN13
9781776250370
Langue
English
Poids de l'ouvrage
1 Mo
Elke droom begin met 'n dromer. Megan se droom is om saam met ander tieners 'n vliegtuig te bou en daaarmee van Kaapstad na Kaïro te vlieg. Haar doel is om kinders in ander Afrikalande te inspireer om ook hulle drome vlerke te gee. Toe die vliegtuig uiteindelik meer as 'n jaar later gereed is, pak sy en haar medevlieëniers 'n reis vol avonture en naelbyt-oomblikke aan.
As jy droom is 'n storie van durf, deursettingsvermoë, hoop en hartseer. 'n Avontuur met soveel adrenalien dat jy dit dalk vergesog sou noem - as dit nie die waarheid was nie ...
Publié par
Date de parution
15 février 2021
Nombre de lectures
1
EAN13
9781776250370
Langue
English
Poids de l'ouvrage
1 Mo
Pan Macmillan Kinderboeke
www.panmacmillan.co.za
Hoofstuk 1
“Waarheen ry ons?” vra Megan en vat nog ’n hap van die stuk verjaarsdagkoek in die bakkie op haar skoot. “Komaan, sê my nou!”
Haar pa glimlag net.
“Amper daar, skat,” sê haar ma en knipoog.
Hulle draai van die snelweg af en Megan sien skielik ’n bordjie wat bekend lyk: Rand Airport Welcomes You .
“Gaan ons op ’n verjaarsdagvlug, Dad?” roep sy opgewonde uit. Dis die beste geskenk waarvoor sy kon vra.
“So iets,” antwoord haar pa.
Hulle ry deur die hekke en parkeer nie ver van die loods af nie.
Haar pa se boesemvriend, oom Werner, stap hulle tegemoet.
“Des en Belinda, welkom,” groet hy haar ouers. Dan draai hy na Megan. “En hier is ons spesiale gas. Baie geluk met jou vyftiende verjaarsdag.”
Megan groet vriendelik terug, maar sy sukkel om haar oë op oom Werner te hou. Buite die loods staan ’n pragtige wit-en-blou Cessna 172 en ’n tafel met ’n helderrooi tafeldoek. Op die tafel is ’n groot wit boks met ’n rooi strik om gebind.
Oom Werner sien seker hoe nuuskierig sy lyk want hy lag en sê: “Ja, jy kan maar gaan kyk. Dis natuurlik vir jou!”
Megan drafstap nader en haal opgewonde die boks se deksel af. Sy loer binne-in en kyk dan verward na haar ouers.
“Dis leeg,” sê sy en probeer om nie té teleurgesteld te klink nie.
“Kyk weer mooi,” sê haar ma.
Megan tel die boks van die tafel af en kantel dit effens. ’n Klein koevert val uit. Sy skeur dit haastig oop.
Binne-in is ’n kaartjie met ’n afdruk van ’n foto wat Megan dadelik herken: Amelia Earhart by haar Lockheed Model 10-E Electra. Dit is geneem kort voordat sy in 1937 op haar om-die-wêreld-vlug vertrek het. Amelia se vliegtuig het gedurende hierdie vlug verdwyn en niemand is seker wat van haar geword het nie.
Daar is baie samesweringsteorieë, maar die meeste mense glo dat die vliegtuig êrens geval het en dat Amelia só dood is.
Amelia was dapper en vreesloos en een van Megan se heldinne.
Megan vee saggies oor die foto en lees die binnekant van die kaartjie.
Megan
Jy vlieg al só lank saam met ons en het deur die jare jou toewyding en deursettingsvermoë bewys. Vandag kry jy ook ’n beurt om die stuurstang vas te hou. Gelukkige 15de verjaarsdag, Megs.
Liefde
Pappa en Mamma
Megan kyk verbaas na haar ouers. Sy smeek hulle al só lank om haar ’n kans te gee om die vliegtuig te stuur, maar hulle het nog altyd gesê sy is te jonk. En nou uiteindelik, onverwags, het die dag aangebreek. Sy glimlag breed. Dit is beslis die grootste en belangrikste dag in haar lewe tot dusver.
“Wel, as jy so gevries staan soos ’n soutpilaar, is jy seker nie juis opgewonde nie ...” sê haar pa en maak asof hy gaan wegstap. “Dan ry ons maar. Ons kan seker nog gaan fliek of uiteet of iets.”
“Nee, Dad!” Megan hardloop na haar pa toe en trek hom aan die arm terug vliegtuig toe. “Die oomblik was net ’n bietjie groot vir my.”
Haar ma se oë lyk effe klam toe sy haar ’n druk kom gee.
“Weereens geluk, Megs. Nou toe, klim in voor die weer dalk opsteek en jy die kans verbeur!”
Oom Werner hou vir Megan die passasiersdeur oop. “Jou pa sal opstyg en die stuurwerk doen, maar wanneer julle in die lug is, sal jy jou kans kry.”
Megan knik instemmend en gaan maak haar tuis agter die beheerpaneel. ’n Paar sekondes later is haar pa langs haar. Hy skuif sy hoed reg, sit sy bruin aviator-sonbril op en gee vir haar ook ’n brilhouer aan.
“Nou is jy werklik my co-pilot,” sê hy toe sy haar lang blonde hare in ’n poniestert terugbind en die nuwe sonbril haastig oor haar neus skuif.
“Ek het nooit gedink ek sou só opgewonde wees om dieselfde sonbril as my pa te hê nie!” lag sy. “Maar ek dink ons lyk sommer baie cool.”
Die sitplek onder haar begin vibreer toe haar pa die vliegtuig aanskakel. Sy ontspan en sit terug teen die sitplek – dié is haar happy place.
Haar ma en oom Werner waai terwyl haar pa die vliegtuig se neus na die aanloopbaan draai en begin versnel. Binne minute is hulle in die lug.
Die huise en swembaddens onder hulle word al kleiner en kort voor lank is Johannesburg sigbaar op die horison. Ná soveel vlugte as haar pa se passasier ken sy al van die mees ikoniese geboue in die stad – die Sentech-toring, ook genoem die Brixton-toring, die beroemde Carlton-sentrum, een van die hoogste wolkekrabbers in die Suidelike Halfrond en die groot, ronde Ponte-gebou.
Haar pa draai die tuig se neus ooswaarts, en beduie na onder.
“Daar is Ellispark, waar die Springbokke in 1995 die Rugbywêreldbeker gewen het. Ek en jou ma was mos ook op die geskiedkundige dag in die stadion om dit te aanskou.”
Megan glimlag net. Sy het dié storie al baie gehoor, maar dit maak haar pa so gelukkig om dit te vertel dat sy hom maar laat begaan.
Toe hy klaar vertel het van Joel Stransky se wen-skepskop, vra sy hom uit oor die vliegtuig wat destyds oor die stadion gevlieg het. Daar is ’n groot, geraamde foto in hulle huis van die reuse-Boeing 747 wat lyk asof dit amper gevaarlik naby aan die bokant van die pawiljoene verbyvlieg.
“Ja, dit was kort voor die wedstryd afgeskop het,” sê haar pa. “Die vlieënier se naam was Laurie Kay. Dit het die gees en atmosfeer in die stadion selfs béter gemaak. Ek het ook in 2013 die kans gekry om so ’n flyby te doen. Dit was toe die Bokke teen die Kiwi’s gespeel het.”
“Dit moes seker ongelooflik gewees het,” mymer sy en kyk af na Ellispark. “As Suid-Afrika eendag weer die Rugbywêreldbeker aanbied, gaan ék die vliegtuig oor die stadion vlieg.”
Haar pa sit sy hand op hare en glimlag. “Nou ja, dan dink ek dis tyd dat jy begin oefen,” sê hy en beduie na die medevlieënier se stuurstang. “As jy in die verlede mooi opgelet het na alles wat ek jou gewys en geleer het, behoort jy nie te sukkel nie. En onthou, as iets sou skeefloop, is ek hier om beheer te neem. Jy gaan oukei wees.”
Megan knik en vee die sweet af wat skielik op haar hande begin uitslaan. Sy het dié oomblik al honderde kere vantevore in haar gedagtes beleef, maar dit voel steeds asof die vlinders in haar maag te veel energiedrankies gedrink het!
Dinge voel skielik baie ... werklik. Sy is nie in ’n simulator nie. Sy sit in ’n regte vliegtuig en hulle is regtig honderde meters in die lug ... Wat beteken hulle kan régtig val.
“Haal diep asem,” sê haar pa rustig. “Jy kan dit doen.”
Megan steek haar hande uit en neem die stuurstang ferm. Sy is in beheer.
Vir ’n paar sekondes sit sy doodstil om gewoond te raak aan die gevoel. Skielik sak die vliegtuig vinnig. Sy ruk soos sy skrik.
“Toemaar,” sê haar pa kalm. “Dis net ’n air pocket, onthou jy? Jy ken dit, dit gebeur gereeld.”
“Dad, ek weet nie of ek dit kan doen nie. Ek freak so ’n bietjie uit,” sê Megan en voel hoe paniek haar wil oorval.
“Ligte hande, haal asem. Ligte hande, haal asem,” herhaal haar pa die mantra wat sy al soveel keer gehoor het. Sy begin dit saam met hom sê, eers net in ’n fluisterstem maar later met meer selfvertroue.
“Ligte hande, haal asem ...” Haar greep op die stuurstang is nou sag maar ferm en sy kan voel hoe sy die vliegtuig na stabiliteit stuur. “Flippit, dit het soos ’n ewigheid gevoel!” sê sy en blaas haar asem uit.
“Goed gedoen,” sê haar pa. “Maar moenie te lank daarop fokus nie. Bly in die oomblik en hou jou hande heeltyd lig. Onthou, jy moet die vliegtuig met net twee vingers kan vlieg, so sag moet jy werk.”
So vlieg hulle saam – Megan wat gewoond raak aan die gevoel van die stuurstang in haar hande en haar pa wat wenke gee sonder om haar met inligting te oorlaai.
Die minute vlieg verby en voor Megan haar oë kan uitvee, moet haar pa weer by haar oorneem en hulle terug te stuur na Randse lughawe.
Haar pa se landing is oudergewoonte seepglad, maar Megan se bene bewe steeds terwyl sy uitklim en haar ma en oom Werner tegemoet hardloop.
“En? Vertel, ons wil alles hoor!” sê haar ma terwyl sy vir almal druiwesap in vonkelwynglase skink om die vlug te vier. Megan kan sommer sién haar ma is byna net so opgewonde oor die groot dag as sy self.
“Skies, Mamma, ek voel skoon emosioneel,” prewel sy. “Dit was alles waarvan ek nog ooit gedroom het.”
Haar ma glimlag, trek haar nader en soen haar dogter se voorkop saggies.
“Ek weet hoe jy voel,” knik sy. “Ek het immers my vlieglisensie voltooi toe ek swanger was met jou. My maag was heeltyd in die pad en dit het dinge nogal moeilik gemaak!”
Megan lag toe sy aan dié potsierlike prentjie dink. Tog is dit een van haar gunsteling-foto’s van haar ma – ewe trots met ’n boepmagie en vliegsertifikaat in die hand.
Dit is ook ’n baie cool storie om vir haar maats te vertel wanneer hulle oor hulle toekomsdrome gesels. Sy vertel dan altyd sy het al gevlieg nog voordat sy gebore is.
Wanneer mense vra wat haar lewensleuse is, is die antwoord eenvoudig: “Born to fly!” En dit is dan ook presies wat sy sê toe hulle hul glase lig vir ’n heildronk.
Haar ouers kyk trots na haar en herhaal: “Born to fly!”
Hoofstuk 2
Megan staar na die handboek voor haar op die lessenaar. Oor die fynere werking van die nier, die onderwerp van môre se klastoets, gee sy nie juis veel om nie. Haar gedagtes is soos gewoonlik in die wolke.
Sy sou nou veel eerder saam met haar pa in die vliegtuig wou wees, aan die oefen vir haar lisensie, maar dit is tot die einde van die maand nie ’n opsie nie. Sy is gehok en haar doen en late is beperk tot die skoolterrein en die vier mure om hulle erf.
Megan sug. Sy het geweet dit was ’n simpel idee om saam met Lanie uit te slip, maar hulle het gedink hulle sal dit kan regkry sonder dat enigiemand agterkom. Hulle het ongelukkig nie met Rhaegar rekening gehou nie.
“Verraaier,” sê Megan vir die boerboel wat hulle na die dapper prins in Game of Thrones vernoem het. Hy lê soos altyd getrou onder die lessenaar by haar voete en slaap. Sy vryf liefderik oor sy kop. Hy was seker maar net bekommerd toe sy so in die do